
=====================================================================
Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Behou diversiteit in globaliseringsproses

David E. Barclay spreek hom uit teen 'n oorskatting van Engels se rol in die globaliseringsproses en in die landsbestuur.

AS Amerikaanse professor wat gereeld in Suid-Afrika en Europa kom, is ek geboei deur die huidige debat oor die stand en toekomsrol van 
Afrikaans in Suid-Afrika. Ek bestuur 'n universiteitsprogram van "gebiedstudies" in Amerika -- in di geval 'n program van Wes-Europese 
studies - wat my daagliks in kontak met sogenaamde globalisering bring.

My ondervinding oor jare heen laat my dink dat baie Suid-Afrikaners, ook Afrikaanssprekers, 'n wanbegrip het van die magte van 
globalisering enersyds, en van die voortgaande en groeiende belangrikheid van "plaaslike" tale en kulture andersyds. As gevolg hiervan ken 
hulle die rol van Engels sowel in die globale ekonomie as in Suid-Afrika gans te veel waarde toe.

Terselfdertyd sluk te veel Suid-Afrikaners - insluitende, as ek so mag s, die meeste van die huidige politieke leiers - die toenemend 
gedateerde, negentiende-eeuse, Frans-genspireerde en dus Eurosentriese opvatting van die "nasiestaat". Daarmee bedoel ek die opvatting dat 
'n land se politieke en administratiewe funksies in 'n enkele sentrum moet setel, en die verwante opvatting dat, ten einde 'n gevoel van 
gedeelde nasieskap te skep, dit nodig is om rigied eenvormige strukture van administrasie, regspleging, belasting en finansies, onderwys en 
kultuur te vestig.

Aanvaar jy hierdie model, volg dit dat "plaaslike" en "streektale" moet wyk voor die noodsaak van 'n enkele taal van administrasie, 
regspleging en hor onderwys. Post-uhuru Afrika wemel van voorbeelde van die mislukking van hierdie vreemdaardige Europese model. Trouens, 
in Europa self verloor di Europese politieke model vinnig en in 'n groot mate sy relevansie.

Met al sy groot belofte lyk dit - en dit stem tot kommer - asof die Suid-Afrika van n apartheid gewillig is om die gedagte van die 
gesentraliseerde nasiestaat met al sy bedenklike gevolge, veral op die gebiede van onderwys, kultuur en taal, ywerig te aanvaar. Soos die 
Amerikaanse filosoof Stanley Rosen onlangs in 'n toespraak ges het: "Homogene demokrasie is tirannie".

Wanneer die oudmodiese model van 'n Europese nasiestaat gepaard gaan met 'n wanbegrip van die rol van Engels in die wreldekonomie, kan die 
gevolge vir Suid-Afrika se ryk tradisie van kulturele diversiteit en pluralisme rampspoedig wees.

Ek noem enkele voorbeelde van waarom dit na my mening sowel onnodig as onwenslik is om die belangrikheid van Engels in Suid-Afrika te swaar 
te beklemtoon. Ek het hierdie gedagtes enkele maande gelede in 'n brief aan Die Burger uiteengesit; ek hoop dis die moeite werd om hulle te 
herhaal:

* Dit is nie nodig om Engels vlot te praat om in die wreldekonomie sukses te behaal nie. 'n Puerto Ricaanse kollega het my daarop gewys 
dat die wreldwye gebruik van Engels in die sakewreld en di van die natuurwetenskappe weinig ooreenkoms toon met die Engels van gebore 
Engelssprekers. Elkeen wat al aan internasionale byeenkomste en konferensies deelgeneem het waar Engels die voertaal was, sal weet wat ek 
bedoel. Natuurlik is daar baie Engelssprekers wie se moedertaal nie Engels is nie, maar wat die taal nogtans vlot en suiwer praat, en nog 
ander wat hul eie besondere, tegniese Engelse jargon volmaak beheer. Maar dit is dikwels wat Breyten Breytenbach onlangs in Rapport reguit 
beskryf het as "Vrot-Ingels". Dit hoef ook nie veel meer te wees nie. Die taal van die wreldhandel en van die internet is kwalik die taal 
van Shakespeare en Shelley. 'n Erg basiese vorm van Engels is voldoende vir die meeste internasionale handelstransaksies. Die meeste 
gegradueerdes van Afrikaanse universiteite beskik oor meer as genoeg Engels om hul plek in die globale mark vol te staan. Uit my eie 
ervaring in Suid-Afrika kan ek s dat hulle dikwels beter toegerus is as die gegradueerdes van Engelstalige universiteite. Trouens, baie 
van die produkte van Afrikaanse hor skole is goed toegerus om 'n doeltreffende rol in die globale ekonomie te speel.
* Dit is nie nodig om Engels vlot te praat om effektief te funksioneer in nagraadse universiteitskursusse nie, onder meer in die 
natuurwetenskappe. Prof. Andreas van Wyk, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, het 'n tyd gelede beweer dat geen werklike 
universiteit in Suid-Afrika eksklusief Afrikaans en "steeds mededingend" kan bly nie (Die Matie, 15 Maart, bl. 6). Ek is feitlik in 
daaglikse kontak met kollegas aan Europese universiteite, en ek het baie tyd in van hul instellings deurgebring, veral in Duitsland. Ek 
moet wel erken ek is 'n historikus, nie 'n natuurwetenskaplike nie, en dat ek meer kennis dra van die sosiale en die geesteswetenskappe. 
Nogtans kan ek aan geen enkele Duitse universiteit dink wat studente sal aanvaar sonder 'n aanvaarbare kennis van Duits nie.
 Ek ken ook 'n paar Europese natuurwetenskaplikes. En hoewel die meeste van hulle in 'n soort Engels kan kommunikeer, veral in wat die 
Duitsers hul Fachjargon sou noem, is min van hulle volkome vlot in die taal.
 Rektor Van Wyk se punt is dus oordrewe. Ek herhaal: die produkte van Afrikaansmediumskole en van Afrikaanse universiteite is reeds in 'n 
ho mate goed geplaas op internasionale akademiese gebied om effektief te funksioneer. En dit lei logies tot my volgende punt: n Nie-
Engelse "minderheids"-taal universiteite floreer in die globale ekonomie. Die opvatting dat daar geen plek is vir "eksklusief" Afrikaanse 
universiteite in Suid-Afrika nie is absurd. Franstalige universiteite in Kanada is globaal mededingend en internasionaal bekend; hulle het 
pogings om Frans as medium af te skaal, suksesvol weerstaan. Teen die beswaar dat Afrikaans en Frans nie vergelykbaar is nie, s ek dat 
Frans in vele opsigte 'n minderheidstaal in Noord-Amerika is; trouens, Frans kan nie meer as 'n wreldtaal beskou word nie, behalwe miskien 
nog in Franstalige Afrika.
*  Die eksklusiewe gebruik van Engels in toerisme en bemarking is sowel vernederend teenoor Afrikaans as ekonomies onnodig. Die globale 
ekonomie staan in die teken van diversiteit, nie uniformiteit nie. Wanneer ek Frankryk besoek, of Itali, verwag ek nie dat elke spyskaart, 
elke wynetiket en elke toeristekennisgewing in Engels moet wees nie. 'n Groot deel van die bekoring van oorsee reis, bestaan in die 
ontmoeting met vreemde tale. Ek sou net sowel kon tuisbly as ek net Engels wou hoor en lees. Daarom vind ek dit vreemd, trouens dis 'n 
verleentheid om in Suid-Afrika te kom en net Engelse wynetikette te kry, of net Engelse toeristebrosjures aan die Kaapse Weskus. Vroer 
vanjaar was ek op Swellendam en moes tot my verbasing ontdek dat die uitstekende brosjure oor die Drostdymuseum net in Engels te kry is. 
Die brosjure het wel opsommings in Frans, Duits en Afrikaans bevat - so asof Afrikaans 'n vreemde taal in Suid-Afrika is! En dit nogal in 
Swellendam, 'n dorp met 'n lang en trotse Nederlandse en Afrikaanse geskiedenis!
*  Die opvatting dat die Afrikaanse woordeskat nie suksesvol in die globale ekonomie kan funksioneer nie, is om die minste te s bisar. 
Hierdie koddige argument is onlangs deur 'n leser van Die Burger geopper, maar kom eenvoudig nie die mas op nie. Om die waarheid te s, ek 
is diep onder die indruk van die gemak waarmee Afrikaans hom aanpas by nuwe tegnologie en gebruike; trouens, heel dikwels is Afrikaans se 
uitdrukkingsvermo groter as di van Engels, of mens nou in die wreld van die natuur beweeg of in die wreld van rekenaars.
 Kortom, ek kan nie die gretigheid begryp waarmee so baie Suid-Afrikaners 'n uitgediende en globaal irrelevante beleid van kulturele 
uniformiteit en institusionele sentralisasie in Suid-Afrika aangryp en aanvaar nie. Die ryk en wonderbaarlik uitdrukkingsvolle Afrikaanse 
taal is een van Suid-Afrika se wonderwerke.
 Nogtans vrees ek dat as te veel Afrikaanstaliges die vermelde anachronistiese opvattings sluk, Afrikaans binne enkele dekades nie meer 'n 
literre en vaktaal sal wees nie. In Die Matie van 15 Maart 2000 het 'n hoofartikel verskyn onder die opskrif "Het Afrikaans akademiese 
bestaansreg?" Die feit dat so 'n vraag hoegenaamd in so 'n blad gestel kan word, selfs retories, is uiters ontstellend.

Die verdwyning van Afrikaans as literre en wetenskaptaal sal sinloos wees. Die globale ekonomie het groter taal- en kulturele diversiteit 
nodig, nie minder nie. Dit het ware multikulturalisme nodig, nie 'n vaal, flou Engelstalige uniformiteit nie. En daar is beslis geen 
behoefte aan wat die Marxistiese filosoof Alexandre Kojve dekades gelede beskryf het as die "universele homogene staat" nie, 'n staat wat 
die sieldodende triomf van uniformitariese kulturele en taalbeleide vier. In 'n program van die BBC se Wrelddiens is onlangs voorspel dat 
van die 6 000 tot 8 000 tale wat tans dwarsoor die wreld gepraat word, teen die volgende eeu net 'n handjie vol sal oorleef.

Laat ons hoop hierdie somber voorspelling is verkeerd. Prof. David E. Barclay is direkteur van die Kalamazoo Center for Western European 
Studies aan die Kalamazoo College in Michigan, VSA. Sy artikel is vertaal.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av739.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

